Mediese simptome van stres

Mediese simptome van stres

‘n Oormaat stres manifesteer in die liggaam as duidelik waarneembare fisieke simptome en kliniese tekens.  Dis ‘n wanopvatting dat stres net ‘n gedagteproses of “in die kop sit” –  dis slegs ‘n deel van die storie. Alle stres is ook nie nadelig nie.  Positiewe stres = opwinding = uitdaging en dit aktiveer ‘n mens om … Continue reading

Eet minder sout!

Eet minder sout!

Navorsing deur die Mediese Navorsingsraad in SA het bevind dat tot soveel as 7,400 sterftes per jaar voorkom kan word as die bevolking minder sout eet.  Die rede is dat daar ‘n direkte verband is tussen soutinname en hoë bloeddruk, wat ‘n voorloper is van hartaanvalle en beroertes  –  siekte wat ‘n groot finansiële las … Continue reading

Sinusse en sinusitis

Sinusse en sinusitis

Die sinusse is deel van die mens se lugweë, dit wil sê dit is organe wat in verbinding is met die buitewêreld en wat te doen het met asemhaling.  Die sinusse werk saam met die neus .  Dit is  rondom die neus gegroepeer in die skedel, en is  uitgevoer met dieselfde soort slymvlies (mukosa) as die … Continue reading

Blaasinfeksies

Blaasinfeksies

Blaasinfeksie (sistitis) is ‘n lastige en algemene probleem wat meer by vroue voorkom, en veral meer algemeen is tydens swangerskap.  Die simptome is: frekwensie (dikwels urineer) disurie (urine wat brand) en laer buikpyn. Dis ook algemeen by bejaardes wat inkontinent is en permanent ‘n doek aan het. In sulke gevalle is die pasiënt dikwels nie … Continue reading

Kommentaar, opmerkings en vrae op die blog

Kommentaar, opmerkings en vrae op die blog

Goeiedag, liewe blog-lesers, Ek is Dokter Francois Retief se Kuberkaptein, met ander woorde die persoon wat hy aangestel het om die blog te bestuur.  Ek is sy oudste dogter en het self ‘n mediese agtergrond.  Dokter Retief se vrou (my ma), wat ‘n dokter en mediese skryfster is, is ook betrokke by die blog. Die leserstal … Continue reading

Basiese wette

Ons liggame werk volgens en is onderhewig aan die basiese natuurwette, volgens suiwer wetenskaplike beginsels. Natuurwette soos die wette van swaartekrag, osmose, termo-dinamika, fisiese (bv. Boyle se wette vir die longe, Pascal se wette vir die bloedsirkulasie, ens. ens.) en chemiese beginsels (die chemiese reaksies van sure en alkalieë in die liggaam, die uitruiling van … Continue reading

10 Wetenskaplike beginsels van Gesondheid

10 Wetenskaplike beginsels van Gesondheid

Hierdie artikel gee ‘n perspektief op die wetenskap van gesondheid en die behoud daarvan, gesien teen nuwere navorsing  van die liggaam en die brein. Die wetenskap leer vir ons die volgende oor gesondheid: 1. Stamselle Stamselle is die oorspronklike multi-potensiale selle wat in alle embrio’s voorkom tydens die ontwikkelingsfase. Stamselle is steeds by volwassenes in … Continue reading

Mantelvliesbreuk, Diafragmabreuk, Hiatus Hernia

Mantelvliesbreuk, Diafragmabreuk, Hiatus Hernia

Baie mense verkeer onder die wanindruk dat ‘n mantelvliesbreuk ‘n skeur of ‘n stukkende plek in die mantelvlies (diafragma) is.  Dis is glad nie die geval nie.  ‘n Sogenaamde mantelvliesbreuk is net ‘n verslapping of vergroting van die normale opening in die mantelvlies. Die mantelvlies is ‘n spierkoepel wat die liggaamsholte in twee dele verdeel: … Continue reading