Slaap-apnee

Slaap-apnee is die term wat gebruik word wanneer mense tydens slaap ophou asemhaal.

Dit gaan gepaard met uitgesproke gesnork.  Die pasiënt sal al harder begin snork totdat die asemhaling ophou, heeltemal stil lê vir ‘n tyd, en dan met ‘n harde gesnork weer begin asemhaal wanneer die asemhalingsentrum in die brein so suurstof-honger raak dat die brein die pasiënt wakker maak om asem te haal.  Hulle slaap dus nooit uit nie en bereik nooit die vlak van sg. REM-slaap (“rapid eye movement”) wanneer ‘n mens droom en diep uitrus nie.

Slaap-apnee kom in verskillende grade voor.  In ernstige gevalle sal die pasiënt so ‘n suurstoftekort opbou dat hy blou word.

Wanneer iemand 5 keer per uur of meer ophou asemhaal, is dit ‘n aanduiding dat dit slaap-apnee kan wees.

Die volgende probleme kom algemeen voor by pasiënte met slaap-apnee.

  1. Chroniese moegheid:  Hulle slaap nooit lank genoeg om uit te rus nie  –  word aanhoudend wakker om asem te haal.
  2. Verlies van konsentrasie.
  3. Hulle raak baie maklik aan die slaap gedurende die dag: voor die televisie, in geselskap, selfs later terwyl hulle eet of motor bestuur.
  4. Depressie.
  5. Ernstige gewigstoename en onvermoë om dit weer te verminder.
  6. Onvermoë om bloeddruk en bloedglukose te beheer, selfs op medikasie.
  7. Slaap-apnee kan op sy eie diabetes laat ontstaan.
  8. Spierswakheid.
  9. Geheueverlies.
  10. Versnelling van die prosesse wat skade aan die bloedvate veroorsaak:  lei dus tot ‘n hoër voorkoms van hartaanvalle, beroertes, onreëlmatige hartklop, en verlies van seksuele funksie.

Die gevolge van slaap-apnee kan dus wees:  vermeerdering van ernstige siektetoestande, verhoogde voorkoms van voertuigongelukke; verlaagde werksproduktiwiteit en inkorting van algemene funksionering.

Wees veral op die uitkyk vir die diagnose van slaap-apnee in die volgende pasiënte:

  1. Mense wat snork.
  2. Mense met ‘n dik nek (nekomtrek van meer as 42 cm)
  3. Mense met ‘n klein onderkaak.
  4. Onvermoë om gewig te verloor, selfs met groot inspanning.
  5. Swak kontrole van diabetes en hoë bloeddruk.

Onthou: Gereelde fisieke aktiwiteit bied sterk beskerming teen slaap-apnee.

Die DIAGNOSE van slaap-apnee word gemaak wanneer die bogenoemde simptome teenwoordig is, en bevestig deur ‘n slaapstudie met polisomnografie (meting van die aantal episodes van asemhalingstilstand en die duur daarvan).

Die pasiënt slaap vir ‘n nag met ‘n  masjientjie wat die metings uitvoer.

Indien die toets positief is, slaap hy vir nog 2 nagte met ‘n C-PAP-masjientjie, wat lug onder positiewe druk deur die neus inblaas sodat die keel die hele tyd oop bly, en die pasiënt dus ongestoord slaap.  Die C-PAP-masjientjie bepaal ook teen watter druk die suurstof ingeblaas moet word om die keel oop te hou.

Die voordele van die C-PAP-stelsel is dus om al die bogenoemde negatiewe simptome uit te skakel, te verbeter of te beheer.

(Kontak Dr Francois Retief se spreekkamer – tel 044 6912 123 – vir meer inligting aangaande sy slaapstudie-diens in Mosselbaai.

Daar is natuurlik ook verskeie ander sentra in SA wat die diens aanbied.  Vind uit by jou huisdokter as jy meer wil weet.)

Naskrif: Ons lesers het baie vrae en kommentaar gehad op hierdie artikel.

Sien gerus die opvolg-artikel wat handel oor verdere praktiese aspekte van slaap-apnee, Slaap-apnee: Praktiese Inligting. Die artikel is spesifiek geskryf met die doel om ons lesers se kommentaar en vrae te beantwoord.

About these ads

34 thoughts on “Slaap-apnee

  1. Goeie naand Dr. Ek is Junie maand gediagnoseer met slaap apnee. Ek is dringend opsoek na n slaap apnee masjien. Kan u aandui waar n persoon n masjien kan koop. Ek woon in Paarl. My telling by die toetsing was 6. Kan u vir my se hoe ernstig ek slaap apnee het. Baie dankie vir u tyd en hulp. Mooi aand aan u

  2. Goeie more
    Ek wil net uitvind waar ek hierdie masjien in die hande kry, waar gaan soek mens so iets..? Ons kon gister een kry, maar dit was R14000. Dit is belaglik.
    Baie dankie
    Quenette *

  3. My man sweet geweldig oop sy rug snags en snork ook baie erg. Hy het n diknek ja en is oorgewig. Hy het ook 17 jaar terug n triple omleiding gehad en het cholesterol en drink preximas en Plavix en disprin elke dag en pille v d cholesterol. Hy slaap baie deur d dag als soos d deel beskryf. Hy het bv deur d nag drie maal wat ek wakker word nie asem gehaal dan moes ek hom stamp om ase te haal

  4. My man gebruik nou die Resmed toestel nadat hy gediagnoseer is met slaapapnee. Alles was piekfyn, hy slaap stil en rustig, nou na die 3de aand het hy erge brand in sy neus, gepaard met loperige neus en baie bloederig as hy uitblaas.

    • Annelie, neusbloeding as gevolg van die positiewe druk wat die masjien in die neus uitoefen is te wyte aan die droë lug – veral in die winter en veral in die binneland. Sommige masjiene het ‘n bevogtiger by wat uitdroging van die neusslymvlies verhoed. ’n Groter tipe masker help ook soms.

      ‘n Kortisoon neussproei mag ook van waarde wees.

      Sterkte! Ek hoop jou man pas goed aan by die C-PAP.

  5. Ek wil gaag net weet ek het al die tekens behalwe een ek is nie vet nie ek is maar wat kan dit dan wees?

    • Jan, alhoewel dit meestal oorgewig mense is wat slaap-apnee kry, is dit ongelukkig nie die enigste bepalende faktor nie. As jy reg is daaroor dat jy al die tekens het, dan mag dit dus inderdaag die probleem wees.

  6. Hi ek wil net graag uitvind wat staan my te doen om slaap apnee te genees,eks 34 jaar ou en lei aan slaap apnee,eks al te bang om in die aande te gaan slaap,ek raak aan die slaap,en hou op asem haal n hele paar kere voordat ek regtig rustig gaan slaap,maar met die wat ek ophou asem haal,skrik ek met n Groot gejuig wakker en snak na my asem,voel kompleet of ek brein dood raak.

  7. Ek is 44 jaar oud en het 5 jaar terug my eerste beroerte gehad die dokters kon nie vasstel wat dit veroorsaak ni aangesien my bloedtoetse, CT scan, doppler en MRi scan nomaal was. Die 2de beroerte het gekom op 1 april 2013 en weer op dieselfde manier terwyl ek slaap die 2de keer het ek wakker geword en koni ophou snork ni ek was verbouereerd want ek koni asem haal ni ek het besef dit is nog n beroete toe ek weer meer verlam aan my regterkant verneem. Ek het ni n medies ni en kry ongeskikheid waar kan ek my laat toets want ek het aan die drs genoem wat ek vermoed maar tog my aanmerking geignoreer ek is nou so bang om te gaan slaap ek is oorgewig en sukkel om gewig te verloor en raak gou aan die slaap ek soek asb hulp ek kan ni nog n beroerte deurgaan ni baie danki Danette

  8. Hi julle,ek is nog baie nuut met hierdie hele slaap apnee en wil soveel inligting as moontlik hieroor kry, ek het die toets laat doen maar daar is wel paar goed wat nog nie lekker vir my sin maak nie, is daar van julle wat ook van die volgende simptome ervaar saam met die simptome van die slaap apnee : Baie erge kopseer vir al in die oggende wat gepaard gaan met naarheid? Pynpille en migrane kits help glad nie wat ek wel gevind het is dat so 4 disprins die pyn tot n mate verlig. Ek is nie n diabeet nie en ek is ook nie een wat voorheen met my bloeddruk gesukkel het nie, ek kry nou gereeld hoe bloeddruk ( hypertention ) dit gaan baie hoog en dan wee ewe skielik baie laag so laag dat my hart gaan staan het so 3 weke terug. Ek kan baie oggende nie wakker word nie, ek is soos iemand wat gedrug is, ek weet nie wat om my aangaan nie en my ore is dan heeltemal toe, ek het nie beheer oor myself nie soos ek kan nie my arms of bene ens beweeg nie, in so geval drink ek ook 4 disprins en dan slaap ek verder as ek dan 2 ure of so daarna wakker word kan ek nie veel onthou van wat gebeur het nie maar dan makeer ek absoluut niks nie. Verder sukkel ek vreeslik met my voete en bene, dit is dood , maak needeles en pins en het n onsenttende brand gevoel, dit is nou al vir sowat 2 jaar sonder ophou en soms is dit erger in die aande, as dit baie warm is swel ek vreeslik baie op. Ek het al sowat R200000 spandeer aan toetse en dokters die afgelope 2 jaar voordat ek n mediese fonds gekry het en seker nou nog n groot bedrag die afgelope 3 maande met die medies. Sover kon hulle nog nie juis vir my se wat is fout met my nie en geen medikasie het tot dusver gehelp nie. Neroloe het ook vir my gese dat daar iets is wat my senuwees vernietig maar weet nie wat nie kan dit dalk die Slaap Apnee wees wat al hierdie goed veroorsaak en indien wel is daar Raad groot ASSEBLIEF?

    Ex moedeloos verby en wens soms ek word glad nie wakker nie.

    As daar enige iemand is wat my kan help kontak my asseblief op:

    E-Pos: krugel.natasha@gmail.com
    BBM : 29D7C99D

  9. Ek het my resmed masjien vir slaapapnee 3 dae terug gekry, die eerste aand kon ek hom net 1 uur ophou want ek het verskriklike entevrees gekry. Aand 2 en 3 het ek geslaap tot 3 uur in die oggend met hom want my neus trek verskriklik toe en dit laat my dan baie benoud voel Is dit normaal? Hoop so, ek gebruik nou ‘n neus sproei voor ek gaan slaap en hoop dit is net ‘n fase in die begin. My man se ek slaag “soos ‘n baba” en het geen geruk meer of snork nie.

  10. Hi daar, ekke weet nie of ek slaap apnee het nie want dit gebeur regtig nie so gereeld nie, ek sal so een keer in n paar maande droom iemand verwurg my dan kry ek so episode, my ou se gisteraand was regtig erg, my hele lyf trek agteroor en dan kry ek glad nie asem nie maar dit gebeur nie as ek snork of iets nie, ek slaap rustig en dan skieliksal ek net ophou asem haal, hyt vreeslik gesukkel om my wakker te kry en dit het seker so drie keer gebeur gisteraand. Asb help my?

  11. Ek wil net weet of iemand wat aan slaap apnee ly op die slender wonder dieet kan gaan? Soos ek verstaan is dit wanneer mens nie kan slaap in die nag nie mens ook nie maklik gewig kan verloor nie. Ek ly aan slaap apnee en is nou raad op. Ek het al twee keer vir slaap terapie gegaan en die volgende nag probeer slaap met die cpap masjientjie. Ek kan glad nie daarmee slaap nie ek kry entevrees. Ek is deur die dag so moeg en raak sommer aan die slaap.Is daar nie ander raad vir my nie?? ek is geweldig oorgewig. baie dankie

    • Goeiedag Linda, dit is waar dat mense wat slaap-apnee kry moeilik gewig verloor, maar as jy meer kalorieë verbrand as wat jy inneem dan sal jy beslis gewig verloor. Geen ‘dieët’ gaan ‘n oplossing verskaf nie – slegs ‘n volgehoue verandering in lewensstyl sal ‘n verskil maak. Wat die slaap-apnee betref kan jy uitvind by jou CPAP-verskaffer of hy vir jou ‘n ander tipe masker, of ‘n neus-kanule kan verskaf. So iets mag vir jou meer aanvaarbaar wees.

    • Goeiedag Thea, dit is gewoonlik nie beskikbaar by primêre staatshospitale nie. Dit is moontlik dat sommige sekondêre of tersiêre hospitale dit sal verskaf, maar dit sal die beste wees om by jou plaaslike hospitaal (by die buite-pasiënte afdeling) uit te vind.

  12. Ek ly aan erge slaapapnee – was juis in Mosselbaai vir ‘n slaapstudie baie jare gelede. Die cpap het my lewe dramaties verander. Ek is of was nog nooit oorgewig nie.

  13. Dr Francois

    Dankie vir die inligting. Wil net weet of ‘n persoon wat slaapapnee ervaar en ook hartmedikasie neem enigsins medikasie wat slaap verbeter kan of moet neem. Ek is aanbeveel om Melatonin (‘n Biogenproduk) te neem maar wil eers navraag hieroor doen. Ek is 66 jaar oud en nie seker van die frekwensie van my asemhalingstoppe nie, maar my vrou dui aan dat dit dikwels voorkom.

    Baie dankie

    Ziel Bergh

  14. Ek het slaap apnee. Ek was al twee keer vir slaap terapie waar hulle uitgevind het ek het slaap apnee en voorgestel het dat ek met ‘n cpap masjien moet slaap. Ek het die tweede nag probeer om daarmee te slaap, maar het soos ‘n klein kindjies gesit en huil en kom glad nie reg daarmee nie. Ek kry entevrees en kom glad nie reg daarmee nie. Ek wil graag hoor of u my nie asb raad kan gee nie. help my asb

  15. Baie dankie ook vir die inligting wat gegee word om dinge makliker te maak. Ek wil net iets uitvind, my pa is 54 en is gediagnoseer met tipe 2 diabetes en ook epilepsie. Die laaste tyd sukkel ons met n snaakse tipe “aanval” as ek dit so kan stel. Dit gebeur slegs as hy slaap. Kan dit wees dat hy ophou asemhaal dat dit veroorsaak dat hy skrik en dan aanvalle kry? Dit gebeur gwoonlik laat nag en hy was al by dokters en hul versterk net sy medikasie, maar dit hou nie op nie. Is daar n moontlikheid dat dit dalk die oorsaak kan wees?

  16. Monque, ek het basies dieselfde simptome as jy. Wat my bang maak, is, dat ek my oe oopkry as dit gebeur, maar ek dan vreeslik sukkel om “wakker” te word. Ek het ‘n metraalklep wa lek. Een oomblik is my bloeddruk beroerte hoof en die volgende verskriklik laag. Ek ly aan bipolere depressie. Ek is konstant moeg kani konsentreer. Gebruik tans Concerta 54 mg vir ADHD. Slaap apnee is in die familie. Ek het nog nie ‘n dokter besoek nie.

  17. Hi het vergeet om te vra. My MSA is basies klaar. Kan so n slaap studie in hospitaal gedeon word, sodat die koste uit ander fondse van my mediese plan verhaal kan word? Wat kos so n slaap studie?

  18. Hi, ek weet nie of ek slaap apnee het nie, want ek is nie oorgewig nie en ek het lae bloeddruk. Was onlangs by die dokter en hy het gese ek mag dalk slaap apnee he.
    Sodra ek aan die slaap raak, voel dit of ek besig is om te versmoor en ek haal nie asem nie en dit voel ek gaan my tong sluk. Dan skrik ek wakker en my hart klop iet vreesliks van skok. Ek is te bang om te slaap en party aande bly ek tot sons opkoms wakker. Ek forseer myself om wakker te bly, maar is soms moeilik, dan sonder dat ek dit agterkom raak ek weg en dan gebeur dieselfde ding oor en oor.

  19. Is pas gediagnoseer met baie erge slaap apnee. Hou gemiddeld 34 keer per uur op asemhaal. Dit het baie newe effekte. Maak ‘n plan en doen so toets, dis die moeite werd. Bokkie van der Merwe

  20. Dis vrees aanjaend as jy lees wat dit aan jou doen ek het so aan die slaap geraak terwyl ek motor bestuur het, kan nie beskryf wat se vrees jou foeter as jy bykom nie

  21. Ek het nou al ‘n paar keer ondervind dat ek slaap en skielik wakker ruk en ‘n snaakse gevoel oor my hart gedeelte ondervind. Baie moeilik om die gevoel te beskryf. Dis nie die tipiese gevoel wat mens kry as jy insluimer en wakker word met ‘n ruk beweging nie. Kan dit verband hou met ‘n slaap probleem of wat stel u voor moet ek doen want dit pla my.

  22. Where can I go to have test done? Does the medical aid pay? What does the tests cost? What does the machine cost?

  23. Jy doen omtrent alles wat nodig is sterkte. Dit is die moeite werd, jy sal ‘n nuwe man terugkry. Daar is gesaghebbend gerapporteer dat om ‘n DiggeryDoo (?spelling) te leer speel kan ‘n groot verskil maak. Ek het een as geskenk gekry en dit is MOEILIK moet liefs nie eers probeer nie

  24. baie dankie vir die inligting. my man was vir die toets, haal 122 keer p nag op met asemhaal en die volgende nag het hul die cpap op hom getoets, toe 100 keer p nag opgehou. my man is baie oorgewig en ons sukkel om gewig te verloor- ons kry ons masjien in die week en is volstoom besig met goeie eetplan. ek wil net graag weet, buiten dieet, cpap en bietjie oefeninge (in die begin)- is daar niks meer wat ek vir my man kan doen om hom te help? baie dankie

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s