‘N GESONDE LIGGAAM EN ‘N GESONDE GEES

‘n Omvattende benadering tot gesondheidsorg 

Gesonde mense het nie ‘n dokter nodig nie .

Algemene gesondheid na liggaam en gees is ons oogmerk. Kyk na die definisie van gesondheid volgens die WGO:

WHO definition of Health: Health is a state of complete physical, mental and social well-being and not merely the absence of disease or infirmity.

Om te voldoen aan hierdie definisie  verg ‘n spanpoging.  Die wysheid van die skepping is die beste leermeester wat ons kan vra.  Voeg “common sense” daarby en ons het ‘n  wenresep.

Hier volg ‘n paar algemeen bekende teikens waarna ons behoort te streef.

1.   Massa-indeks  (die verhouding tussen gewig in kg.en lengte): <25

2.   Middellyn omtrek <102 cm (94) vir mans < 80 cm (88) vir vroue.

3.   Bloedglukose vastend <5.5mmol/l.;  na ete <7.5mmol/l.; 

4.  Totale cholesterol <5mmol/l (indien kompliksies soos hartsiekte reeds aanwesig is, word die teiken    <4.5mmol/l)

5.   LDL (“slegte”,  gevaarlike cholesterol) <3mmol/l;   (indien komplikasies reeds aanwesig is,  <1.8mmol/l)

6.    Trigliseriede <1.7mmol/l,

7.    HDL (goeie cholesterol) moet  >1 wees by mans,  >1.2 by vroue (‘n waarde van >1.6 mmol/l waarborg amper bloedvatgesondheid).

Indien hierdie bloedwaardes bokant die teikens is,   verhoog die vlakke van inflammasie in die hele liggaam.  Inflammatoriese verandering  is een van die grootste gevare vir die ontstaan van bloedvatsiektes en neuro-degeneratiewe siektes soos Alzheimer se siekte, Parkinsonisme, ouderdomsdemensie ensovoorts.

Inflammatoriese verandering in die liggaam  is ook sentraal in die ontwikkeling van kanker (prostaat, kolon,  bors, ginekologies ensovoorts)

Gesondheid kan nie gekoop of met pille en medisyne gewaarborg word nie.

Doelgerigte insette is op ‘n daaglikse basis nodig om die liggaam op te pas en reg te onderhou, en dis hier waar die regte instelling teenoor jou gesondheid, en ‘n gesonde lewenstyl, nodig is.

Soos al my pasiёnte weet, is ‘n mens se eetgewoontes ‘n belangrike bepaler van jou uiteindelike gesondheidstoestand.  ‘n Opsomming van ‘n gesonde eetpatroon is:

Gee jou liggaam wat dit nodig het, wanneer dit nodig is

Nie te min nie en ook nie te veel nie

Moet dit nie dinge voer waarvoor dit nie ontwerp is nie

Moet geen kos of enigiets anders inneem wat die liggaam kan beskadig nie.    

Wat fisieke aktiwiteit betref,  is een van die vereistes om minstens 1600 kalorieё per dag in oefening te verbrand.

One thought on “‘N GESONDE LIGGAAM EN ‘N GESONDE GEES

  1. Ek is net opsoek na raad. My swaer het ‘n hartaanval gehad , net 28% van sy hart werking is oor. Ons wil net weet hoe gesond is oefening vir so persoon. Watter tipe oefening kan hy doen en hoe lank per dag. Ek sal bly wees as u my asb kan laat weet. Baie dankie.

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s