Die brein: Die bevelshoofkwartier

LET WEL: Hierdie webwerf het ‘n nuwe adres! Kliek asb. hier om hierdie artikel te besoek by Dok Francois se nuwe webtuiste: www.dokfrancois.co.za.

 Die brein:  Die bevelshoofkwartier
 
Wees veral versigtig met wat in jou hart (lees:  denkprosesse) omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.  Sp4;23.

Die brein bestaan uit ongeveer 100,000,000,000 neurone (dit is 100 biljoen),   elk met 100 0 sinapse,  wat die getal sinapse met potensiёle gedagtes op 100 triljoen bring.  Tussen die agtergrondstorms en geraas moet die “ek” (die bewussyn)  orde skep en gekoördineerd lewe.

Die jare 1995-2005 is as  die dekade van die brein verklaar,  en navorsing het met snelle skrede gevorder.  Een van die opspraakwekkende bevindings was die feit dat die brein baie meer “plasties” en vormbaar was as wat ons vermoed het. Die brein bevat ook ‘n hele kontigent stamselle wat gereed sit om onder die regte omstandighede nuwe skakels en stelsels te vorm.

Ons staan steeds verwonderd oor die uitsonderlike vermoё van die brein

Verskillende dele van die brein en ‘n kort opsomming van die funksie van elk:

Korteks (die buitenste sigbare deel van die brein met die baie voue en kronkels): denkprosesse, probleemoplossing, gedagtes, geheue, kreatiwiteit

Serebellum (die sg. “kleinbrein”): balans

Amygdala: onderskeid tussen lig en donker

Hipofise: die dirigent van die endokriene orkes wat beher uitoefen oor al die endokriene kliere (skildklier, byniere, ovaria, testes, groeihormoon ens.)

Regulatoriese sisteme in die brein:

Temperatuur

Lipostaat

Versadigingdrempel (eet)

Regulering van alle hormone 

Die volle beheer van die immuun stelsel met infeksie en kanker opsporing ook inflammasie.

‘n Voorbeeld is ‘n eksperiment wat by Universteit van Denver gedoen is, waar 13 pte met vratjies gekoöpteer is.  Hulle het onder suggestie vooorgestel dat die linker helfte vd liggaam se vratjies sal verdwyn,   wat inderdaad so gebeur het in 10 uit die 13. ( een person het deurmekaar geraak met links en regs en by hom het die regterkant se vratjies verdwyn!)

Neurotransmitters  (SENUWEE-OORDRAGSTOWWE)

Die brein bestaan uit twee helftes wat verskillende werkswyses het. Die dominante kant interpreter gebeure en is so daarop ingestel dat dit soms,  as inligting kortkom,  sover sal gaan om te konfabuleer (redes op te maak sonder dat dit noodwendig waar is).  Dit word gebruik om gesondheid te bevorder. Indien ek bv. sjokoade eet en ek voel goed daarvan,  kan die linkerbrein dit rasionaliseer op grond byvoorbeeld van sogenaamde lae suikervlakke ens., al is dit nie werklik so nie.   Indien die verklaring geglo word,  kan dit ook ‘n kragtige verskynsel nl.die placebo begrip aan die gang sit wat genesende effekte kan veroorsaak. Byvoorbeeld:  al drink ek net ‘n suikerpilletjie maar glo daarin (of dink dit is ‘n aktiewe pil) is daar bewyse dat tot 50% van geneesmiddel- effek hieraan toegeskryf kan word byvoorbeeld in pynverligting.

Tinnitus (suising of singgeluid in die ore) as voorbeeld:

In tinnitus verloor die oor sekere klanke,  dikwels as gevolg van desibel trouma ( klankskade wat volg op oorlogrumoer, baie harde musiek, nywerheidsgeraas  ens). Die brein sal die toonhoogtes mis en dan herkalibreer en opgradeer.  Die gesuis is al wat dan oorbly van die verlore klank. Die brein  kan  tevrede gestel word deur die verlore klank kunsmatig met versterking aan te vul tot die tinnitus verdwyn en die brein heropgelei is.

3 thoughts on “Die brein: Die bevelshoofkwartier

  1. My pa het 5jaar gelede ‘n beroerte aanval gehad, hy was op daardie stadium oorsee. Sy kort geheue is aangetas. As hy iets wil sê moet hy eers dink wat hy wil sê en partykeer kan hy glad nie onthou nie. Hy het 2 jaar terug vir ‘n kopscan gegaan wat die dokter vir my ma gesê het dat sy een aar is geblok en dat ‘n operasie baie gevaarlik is. Hy is nou 73 jaar. Wat is die aar wat geblok is en is daar voorkoming vir dit. Sal u asb vir my verduidelik oor dit want dit is aan my ma verduidelik maar sy kan ons nie regtig ons inlig daaroor nie. Wat kan ons ook doen om sy geheue te stimuleer. Die afgelope week kla hy ook verskriklik van ‘n kopseer by sy eenkant van die kop, by die oor af. Kan u vir my verduidelik asb. Dankie

  2. Hallo Dok. Ek wil u raadpleeg ivm my 14jarige seun.Hy het gisteraand gele en slaap. Ek het hon wakker gemaak om te eet. Hy het ingeskep,aan tafel gaan sit en begin eet.Die volgende oomblik het hy van stoel afgeval en op grond gele en ruk.Ons het hom opgetel. Hy het erg op sy tande gekners , sy lyf het geruk veral sy bene en hy het so snaakse geluid gemaak.Skielik het hy by gekom,gese hy voel nie lekker nie,naar en hy was baie bleek.Die volgende oomblik gebeur dieselfde weer.Hy kom toe weer by,lyk half verdwaas en se weer hy voel nie lekker nie.Skielik gaan hy weer in die agteroortrek,tandekners,bewe en ruk en snaakse geluide. toe hy weer by kom(alles gebeur in sekondes,omtrent so 30sek half uit of dalk korter)neem ons hom na buite vir vars lug. Hy voel toe beter,maar bly net heeltyd se hy is baie moeg.Hy weet nie wat om hom aangaan terwyl aanval gebeur,maar weet alles wat ons se terwyl hy tussen aanvalle bykom.Het u dalk ‘n idee wat dit is?Ons gesin het ‘n paar jaar ouer geword na die episode en weet glad nie wat dit was.

    • Hi Ionette,

      Hierdie is die webwerf administreerder. Dokter Francois is tans op reis. Ek het hom gebel en die saak met hom op die foon bespreek sodat ons vinnig kan antwoord.

      Dit klink uit die beskrywing of u seun ‘n epileptiese aanval gehad het maar

        dit is egter belangrik dat u hom so gou as moontlik by u dokter kry om dit te bevestig.

      Ek is seker almal het groot geskrik. Dit is gelukkig ‘n kondisie wat deesdae goed behandel kan word maar dit is belangrik dat hy fisies deur ‘n dokter ondersoek word. Laat weet asseblief wat die uitkoms is en of die dokter met enige verdere advies kan help.

      Beste wense,
      Die Administreerder

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s