Erektiele Disfunksie (ED) en Impotensie

LET WEL: Hierdie webwerf het ‘n nuwe adres! Kliek asb. hier om hierdie artikel te besoek by Dok Francois se nuwe webtuiste: www.dokfrancois.co.za.

Graag benader ek hierdie onderwerp uit die oogpunt van algemene gesondheid. Ouer mans begin bekommerd raak oor gesondheid, en veral oor die hart.

Onlangse navorsing leer dat daar gemiddeld 19 maande verloop tussen die verskyning van impotensie en die eerste hartaanval. Is dit waar? Ek sien meer mans wat bewus geraak het van die gegewens en my konsulteer uit kommer hieroor.

Wat is ED? Vir die normale seksdaad is meer as 13 minute van volgehoue ereksie nodig.

In die eerste jare van die jeug is seks 99% fisies en vleeslik, maar die geestelike komponent neem toe soos die jare toeneem. Die geestelike eenword gee groter vreugde en vervulling as die vroeë jare van storm en drang. Die sekservaring is ‘n groeiproses soos die meeste dinge in die lewe.

Erektiele disfunksie (geheel of gedeeltelike onvermoë om ‘n ereksie of orgasme te verkry) is selde ‘n oorsaak van frustrasie in die jong huwelik, met sy opwinding en groot verwagtings. Dit kan egter een van die grootste frustrasies in ‘n huwelik word as sake begin deurmekaarloop.

Heelwat gevalle van ED het te doen met die psige en die denkwêreld. ‘n Man wat onseker is oor homself, of selfbewus is oor sy geslagsorgaan, vir watter rede ook al (hy voel dis nie groot genoeg nie, of ‘n onsensitiewe opmerking slaan hom plat) kan groot probleme hê om ‘n ereksie te kry of te behou.

Omstandighede soos werksverpligtinge, gebrek aan privaatheid, ‘n baba of kinders wat tussenin kom, moegheid, stres, bekommernis, kan alles faktore wees wat die seksdrang belemmer. Sodra ED sy kop uitsteek raak dit op sigself ‘n bekommernis, en hoe harder hy probeer, hoe minder kry hy reg. Onthou dat alle mans episodes of fases deurgaan waar hulle ED het.

Deernis en geduld, lofprysinge, aanmoediging en interessante sekstegnieke kan alles help om die saak te verbeter. (Pasop vir pornografie – dis op die duur ‘n regte “passion killer” en skep verkeerde verwagtings. Pornografie is ‘n groot rede van onvermoë om die normale groeiproses na ‘n volwasse seksbelewenis te ervaar. Onthou die skeppingsorde: “die man sal sy ou wêreld van sy ouerhuis verlaat en met sy vrou EEN word in gees en liggaam”. Dit is ‘n natuurwet soos swaartekrag en sal nie oortree word sonder gevolge nie).

Dis onrealisties om te verwag dat seks altyd sal werk as dit vinnig êrens ingepas moet word in ‘n besige program. Word daar nou weer te veel voorbereidings getref, verloor die situasie spontaneïteit en kan dit ook probleme veroorsaak. Die mees effektiewe seksstimulant vir ‘n man is om nie op sy eie “prestasie” te fokus nie, maar op die plesier wat hy aan sy seksmaat verskaf. Orgasme by die vrou is die beste raad om ED vinnig te beëindig.

Huweliksmaats ontwikkel gewoonlik lyftaal of woorde met spesifieke betekenisse wat erotiese boodskappe uitstuur en baie kan doen om goeie seks te inisieer.

Seksspeelgoed, meganiese hulpmiddels en medikasie (pille soos Viagra, inspuitings) is beskikbaar om ED te verbeter.

Dis nie noodwendig so dat die seksdrang of seksuele vermoëns met die tyd verdwyn nie. Tot tagtigjariges kan nog gereeld seks hê.

Sekere siektetoestande belemmer egter wel potensie, soos bloedvatsiektes (hoë bloeddruk, diabetes, aterosklerose) wat die vloei van bloed na die geslagsorgaan beperk. Prostaatprobleme speel ook ‘n rol: na ‘n prostatektomie kan ejakulasie belemmer wees (retrograde ejakulasie vind plaas in 70 – 90%) en 2 – 5% van mans is nie in staat tot ejakulasie nie). In diabetes is die komplikasies van beide bloedvat- en neurologiese skade oorsake van ED.

Sommige medisynes (bloeddrukpille, anti-depressante) veroorsaak ED, en so ook rook en alkoholmisbruik.

Psigologiese redes maak 10-20% van die oorsake uit. Dit is hierdie vorm wat op enige blufmiddel sal reageer – selfs renosterhoring werk hiervoor!

Oor sirkumsisie verskil die navorsers. Heelwat reekse bewys dat ‘n mate van sensasieverlies veroorsaak van hierdie baie sensitiewe area wat juis beskerm word teen alledaagse trouma, en dit sal logies bydra tot ED. Indien die argument water hou sal sirkumsisie, waar dit gepropageer word vir moontlike beskerming teen VIGS en dus losbandigheid sanksioneer, lei tot afname in sensasie en die eerste wat by die venster uit waai gaan die geroemde kondoom wees!

Indien sirkumsisie egter gedoen word as deel van geloofsuitlewing, byvoorbeeld by die Joodse nasie, kompenseer die geestelike komponent moontlik vir die sensasieverlies en dit mag dus eerder ED teenwerk.

Fietsry is in 2002 bewys on ED te bevorder, direk eweredig aan die tyd wat die drukking van die fietssaal op hierdie belangrike senuwees volgehou word. Meer as een faktor speel egter ‘n rol. Die groot waarde van die oefeningskomponent moet ingereken word, want aerobiese oefening is een van die beste maniere om ED te verhoed en te behandel. Ek kan my voorstel dat ‘n man wat 120kg weeg en wat min krag in sy bene insit, meer senuwees sal doodsit as ‘n 80kg superatleet wat 25%van die oefentyd staan in die saal en die ander 75% soveel krag in die bene insit dat hy net 45% gewig dra.

Opmerkings oor beskikbare medikasie en behandeling:

  • NO (stikstof oksied is ‘n GAS wat in die mens soos ‘n hormoon werk)
  • ‘n Ensiem nl. phosphodiesterase hidroliseer sikliese AMP en GMP wat NO afbraak beheer. Een van die phosphodiesterases is PDE5. ‘n Voorbeeld hiervan is die baie bekende Sildenafil (Viagra), wat ‘n PDE5- inhibitor is wat verhoed dat sikliese GMP afgebreek word. Dit het tot gevolg dat NO nie afgebreek word nie, en die tyd wat ‘n ereksie duur, word betekenisvol verleng. Ander PDE5 inhibitors is Vardanafil (Levitra) Tadalafil (Cialis)
    Alprostadil (Befar) is ‘n lokale room wat aangesmeer kan word en eerste studies wys dat dit 83% effektief is.
  • Alternatiewe terapie word nêrens aanbeveel nie.
  • Kegeloefeninge kan erektiele funksie verbeter of herstel.
  • Renosterhoring werk beslis nie! (behalwe vir die placebo-effek??)

2 thoughts on “Erektiele Disfunksie (ED) en Impotensie

  1. Hi Dok my man is amper 59 jr hy kry ereksie en dan binne 3 secondes verdwyn dit hy gebruik vigra maar dit werk nie regtig nie wat kan hy anders gebruik hy voel so magteloos en ontmanlik sal hom graag wil help dankie

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s