Aspekte van Kankerbehandeling

LET WEL: Hierdie webwerf het ‘n nuwe adres! Kliek asb. hier om hierdie artikel te besoek by Dok Francois se nuwe webtuiste: www.dokfrancois.co.za.

In ‘n artikel wat verlede jaar in die New England Journal of Medicine gepubliseer is het ‘n navorsingsgroep in Massachusetts ‘n artikel gepubliseer wat die volgende bewys: by pasiënte wat onbehandelbare kankers het is dit van baie groot waarde om van vroeg reeds die pasiënte op simptomatiese behandeling te plaas om hulle lewenskwaliteit te verbeter en pyn te beheer (deur medikasie), eerder as om dadelik weg te val met aggressiewe kankerterapie.

Daar is twee groepe pasiënte onderskei.

Groep 1

Simptomatiese behandeling

Groep 2

Standaard kankerbehandeling

Intensiewe “einde van die lewe”- behandeling en minder gevorderderde kankerbehandeling Gevorderde kankerbehandeling
Gemiddelde oorlewing: 11.6 maande Gemiddelde oorlewing: 8.9 maande

Ons moet ook onthou dat daar ‘n domino-effek is met intensiewe kankerbehandeling.

  • die kostes is enorm en word dikwels nie deur mediese fondse gedek nie
  • dikwels kan geen bewys van kliniese voordele gevind word nie
  • oormatige en baie onaangename newe-effekte; die newe-effekte van die behandeling is soms erger as die siekte self
  • verlengde hospitalisasie
  • baie meer tyd weg van die familie en vriende
  • die tyd in ‘n hospitaal verminder die kwaliteit van lewe.


Dit bewys net dat slegs palliatiewe sorg (behandeling van die simptome) in vroeë benadering kankerterapie ‘n groot verskil kan maak in die kwaliteit van lewe en die oorlewing van pasiënte. By heelwat van die kankersoorte sal die baie agressiewe kankerbehandeling geen verskil aan die pasiënt se lewensverwagting maak nie. Dit verleng dus nie die lewe nie, maar verleng net die sterwensproses, dikwels met groot ongemak en baie slegte newe-effekte. Mense moet ‘n keuse hê in die pad wat hulle moet volg, en hierdie keuse sal vanselfsprekend beïnvloed word deur die inligting en insigte tot hulle beskikking.

Ons moet verstaan daar is perke aan die mediese wetenskap se vermoë om genesing te bring. Soms is simpatieke versorging die beste wat ons in die terminale fase van die lewe kan aanbied.

One thought on “Aspekte van Kankerbehandeling

  1. My man is 1 Julie 2011 gediagnoseer met Hoegraadse Leiomiosarkoom na 6 strawwe behandelings van chemo van 48 uur elke maand en 25 bestralings Januarie asook 10 bestralings weer gedurende Augustus hierdie jaar gaan dit nogsteeds goed met hom so daar is werklik uitsonderings ook en ons is dankbaar en leef van dag tot dag

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s