Wenke vir ‘n bevredigende sekslewe

LET WEL: Hierdie webwerf het ‘n nuwe adres! Kliek asb. hier om hierdie artikel te besoek by Dok Francois se nuwe webtuiste: www.dokfrancois.co.za.

Na aanleiding van my vorige skrywe oor Erektiele Disfunksie (lees dit hier) het ‘n leser raad gevra daarmee dat haar man sukkel om ‘n ereksie vir meer as ‘n paar sekondes te hou. Hy gebruik reeds Viagra (sonder sukses) en die vraag is of ‘n mens meer kan doen om sy erektiele disfunksie aan te spreek.

Hierdie is ‘n kort vraag met ‘n lang antwoord.

Vir seks binne ‘n huwelik om bevredigend te werk, is verskeie omstandighede nodig:

  1. Wedersydse vertroue, lojaliteit en gemaklikheid met mekaar.
  2. ‘n Stresvrye omgewing vir beide, sonder selfbewustheid, waar op mekaar gefokus kan word sonder onderbrekings.
  3. ‘n Gesonde en fiks liggaam. Gevorderde bloedvatsiekte (byvoorbeeld by mense met langstaande diabetes of hartprobleme) veroorsaak erektiele disfunksie. Daarteenoor het mans wat gereeld oefen en sterk voel selde erektiele disfunksie. Gereelde oefening dra natuurlik ook by tot ‘n goeie selfbeeld, wat ook ‘n positiewe bydrae lewer.
  4. Sekere soorte medikasie (bv beta-blokkers wat vir hoë bloeddruk voorgeskryf word) veroorsaak ereksie-probleme. Vra gerus jou dokter of jou medikasie deel van die probleem mag wees.
  5. Getrouheid binne die huwelik en totale “commitment” aan mekaar is belangrik. Die lees en kyk van pornografie bv werk negatief in op seks, aangesien die huweliksmaat nie kan voldoen aan die onrealistiese en abnormale beelde wat pornografie in die brein laat nie. Die totaal verwronge beeld wat die media en films oor seks skep, werk baie negatief in op mense se denkpatrone. Elke egpaar is uniek en het ‘n unieke verhouding met mekaar.
  6. Kyk terug in die verhouding na wat voorheen vir julle gewerk het; ontdek weer die eerste paaie wat julle met mekaar geloop het. Doen lekker dinge saam. Seks is nie alles nie en die sukses van ‘n huwelik word nie bepaal deur die aantal orgasmes wat bereik word nie. Seks binne die huwelik is ook nie afhanklik van orgasme nie, en die seksuele spel kan deur beide baie geniet word indien orgasme nie die enigste doel is van tyd wat saam spandeer word nie.

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s