10 Wetenskaplike beginsels van Gesondheid

LET WEL: Hierdie webwerf het ‘n nuwe adres! Kliek asb. hier om hierdie artikel te besoek by Dok Francois se nuwe webtuiste: www.dokfrancois.co.za.

Hierdie artikel gee ‘n perspektief op die wetenskap van gesondheid en die behoud daarvan, gesien teen nuwere navorsing  van die liggaam en die brein.Mediese Wetenskap

Die wetenskap leer vir ons die volgende oor gesondheid:

1. Stamselle

Stamselle is die oorspronklike multi-potensiale selle wat in alle embrio’s voorkom tydens die ontwikkelingsfase.

Stamselle is steeds by volwassenes in alle weefsels teenwoordig, en waar daar besering van selle gebeur, kan hierdie  stamselle nuwe selle en weefsel vorm.  ‘n Voorbeeld is bv. wanneer  breinweefsel deur ‘n beroerte beskadig word sodat die persoon aanvanklik verlam is of glad nie kan praat nie, maar dan geleidelik herstel.  Hierdie is ‘n voorbeeld waar nuwe breinweefsel gevorm word uit stamselle.

2. Outofagie

Die liggaam het ‘n wonderlike herwinningstelsel.  Deur die proses van outofagie (letterlik om jouself op te eet) word ou, stukkende en beskadigde selle en weefsels deur die liggaam herwin en hergebruik om nuwe weefsel te maak.  So bv. word al die rooi bloedselle in die hele liggaam elke 3 maande stelselmatig afgebreek en vervang.  Beskadigde en uitgediende selle en weefsel dra by tot die proses van inflammasie in die liggaam, wat veroudering versnel  ( die sg. “vry radikale”  waarvan ons so baie lees)

3. Epigenetika

Ons weet dat al die eienskappe wat ons van al ons gesamentlike voorouers oorgeërf het deur ons genetiese kode oorgedra word.  Hierdie genetiese kodes is outomaties in ons vasgelê en ons het nie beheer daaroor nie.

Ons het egter in die afgelope paar jaar agtergekom dat epigenetika (d.w.s. die omstandighede wat op ons inwerk terwyl ons grootword)   die genetiese kode wat ons van ons voorouers geërf het op ‘n baie groot skaal kan beïnvloed, nie net in ons optrede nie, maar selfs in ons basiese gesondheid.  Dit bepaal nie net ons lewe nie, maar selfs die lewens van ons nageslag.

Ons lewenstyl en ons instelling teenoor die lewe beïnvloed tot soveel as 75% van die finale gebeurtenisse in ons lewens.

4. Verskillende tipes liggaamsvet

Die rol van die verskillende soorte vet wat in die liggaam voorkom is die laaste tyd ook baie onder die soeklig.

a) Vet wat in die liggaam gestoor word as reserwe (as buffer teen hongersnood of vir gebruik tydens swangerskap), is wit vet wat maklik gemobiliseer word.

b) Oormatige vet wat veral in die buik opgegaar word  (‘n boepens)  as gevolg van verkeerde eetgewoontes, is bekend as  geel vet en dit is skadelik vir die liggaam.  (‘n Oormaat wit vet in die liggaam is naas die geel vet ook skadelik, en dra grootliks by tot die hoeveelheid inflammasie wat in die liggaam ontstaan.  Die inflammasie is oor die langtermyn vir die liggaam skadelik.)

Die geel buikvet skei sitokienes af wat weefsels bedkadig.  Sitokiene word deur VOL vetselle afgeskei, maar indien jy daarin kan slag om al die vet in die selle op te gebruik sodat hulle nou leë vetselle is, word ‘n kragtige hormoon met die naam adiponektien afgeskei, wat ‘n beskermende effek op die liggaam as ‘n geheel het.

‘n Mens kan jou gesondheidsrisiko’s baie minder maak deur te verhoed dat jy buikvet opbou, en selfs weer risiko’s omkeer as jy ontslae raak van buikvet.

c) Die vet wat ook onder andere in klein babas voorkom, is bruin vet, wat ‘n beskermende invloed het  wat ons bevoordeel en beskerm teen insulienweerstand, inflammasie en teen die ontwikkeling van vetsug en suikersiekte.

5. Verskillende tipes spiervesels

Verskillende tipes spiervesels kom in die liggaam voor.

Rooi spiervesels is stadige spiervesels wat die liggaam regop hou, waarmee ‘n mens stap of stadig draf, en hierdie tipe spiervesels bly langer behoue soos ‘n mens ouer word – ook omdat ouer mense selde of ooit meer vinnig hardloop, of kans sien om groot gewig op te tel.

Wit spiervesels, in teenstelling daarmee, is vinnige en hoë krag vesels wat ‘n mens in staat stel om vinnig te hardloop en groot gewig op te tel.

Ons het agtergekom dat rooi spiervesels (wat swakker spiervesels is) weer kan terugverander in wit spiervesels, en die normale balans tussen wit- en rooi spiervesels kan herstel word indien ‘n mens die spiere reg bly gebruik.  Konstante en volgehoue gebruik van al ons spiere kan ons beskerm teen meeste van die siektes en degenerasie wat gewoonlik as ouderdomsverskynsels gesien word.  Dit is die verlies van wit vesels wat vir bejaarde mense die tipiese houding en manier van beweeg gee waaraan ons hulle op ‘n afstand kan uitken  (dit laat selfs die skaduwee van ou mense oud lyk!).

Baie van die veranderinge wat in die liggaam plaasvind en waarvoor ouderdom geblameer word, is in werklikheid te wyte aan onbruik.  (Voorbeeld:  baie ou mense het swak balans en val maklik  –  maar hoeveel van hulle sal op ‘n muurtjie of paaltjie probeer balanseer soos wat kinders voortdurend oefen om te doen?)

6. mTOR gene

Die genetiese kodes wat veroudering veroorsaak  (bekend as die mTOR gene)  kan geblokkeer word en dus veroudering in sy spore stop vir verlengde tye, en ons het deesdae toegang tot heelwat navorsing wat hieroor gedoen is.

7. Inflammasie

Daar is maniere waardeur ons die inflammatoriese komponent in ons vetweefsel, wat verantwoordelik is vir baie van die skade wat deur degenerasie en veroudering veroorsaak word, kan verander.  Hierdie  inflammatoriese komponent  is te wyte aan groot selle  (geaktiveerde makrofage), wat  weer na alternatiewe soorte selle omgeskakel kan word deur die regte optrede.

Hier moet ons in gedagte hou dat die menslike ras oor baie eeue ontwikkel het, en dat ons nou die laaste paar dekades skielik ‘n enorme verskil gemaak het aan ons hele lewnswyse.  Dink bv. hoe ons deesdae al wat kiem, parasiet en intestinale wurm wat oor eeue saam met ons gelewe het voor die voet uitroei, en dit dikwels met middels wat so giftig is dat ons onsself ook in die proses beskadig.  Baie kinders het in die proses geen weerstand meer oor teen enige kieme of infeksies nie.

‘n Baie interessante feit is dat mense met inflammatoriese dermkanaalsiektes soos Crohn se siekte, heeltemal genees kan word daarvan in sekere gevalle as hulle dermkanaalparasiete opdoen.  Dit klink vreemd, maar deur vir hierdie mense ‘n  onskadelike parasiet soos “Taenia suis” net vir ‘n kort tyd in hulle dermkanaal te plaas, word die vorming van eosinofiele gestimuleer (een van die soorte wit bloedselle wat normaalweg in die bloed teenwoordig is, en meer so wanneer iemand ‘n allergiese toestand het) die eosinofiele onderdruk die hele inflammatoriese proses.

8. Die mikrobioom

Die mikrobioom is die mikro-organismes wat saam met ons in simbiose in ons dermkanaal lewe.  Hierdie mikrobioom word volledig beïnvloed deur ons eetgewoontes en ons lewenstyl.  (Vir meer oor die mikrobioom, sien Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem)

Die mikrobioom speel ook ‘n rol daarin of ons gewig aansit,  of ons normale immuniteit het, of ons siek word en of ons suikersiekte kry.  Mikro-organisms was reeds 2 miljard jaar lank op die aarde toe die mens sy opwagting gemaak het. Hulle het dadelik met die mens in simbiose begin leef tot reuse voordeel vir ons en hulle.  Die teenwoordigheid van hierdie skadelose en “vriendelike” bakterieë beskerm ons teen gevaarlike kieme.

Vandat ons sewentig jaar gelede anti-biotika begin maak het, het die mens probeer om alle ‘kieme’ voor die voet uit te roei, tot ons baie groot verlies. Saam met ons “modêrne” dieët en lewenstylverandering het die veranderde mikrobioom groot implikasies vir ons gesondheid.

9. Wanbegrip oor en wangebruik van anti-biotika

Ons kyk deesdae op ‘n nuwe manier  na infeksies en siektes.  Waar ons voorheen die sterkste anti-biotika gegee het om organismes te probeer vernietig (wat so logies gelyk het om infeksies in die mens te genees)  weet ons nou dat baie van die organismes  in vriende verander kan word. Ons noem dit simbiose en toleransie.

Die gebruik van anti-biotika het in werklikheid al die voordelige en minder gevaarlike kieme uitgeroei, en deesdae sit ons met die gevaarlikste en mees weerstandige kieme wat vir geen anti-biotikum meer vatbaar is nie.  Daar sal in die toekoms baie anders te werk gegaan moet word as ons wil oorleef.

(Vir meer inligting, sien ook: Die gevare rondom die gebruik van antibiotika)

10. “Morphic resonance”

‘n Opwindende benadering deesdae is om die wêreld en die heelal as ‘n groot geheel – ‘n makrokosmos – te sien, waarvan ons deel is en waardeur ons in verbinding is met ander organismes, mense en selfs plante en diere.  Daar is ‘n reuse groot neuromatriks daar buite waar ons in werklikheid met mekaar in resonansie tree.  Die woord daarvoor is “Morphic resonance”.

As almal  saam  ‘n doelwit najaag, vorder dit baie vinniger as wanneer ons alleen probeer staan.  Daar is iets soos “gemeenskaplike intelligensie” wat maak dat ons saam oplossings vind wat individue nooit kan doen nie.

Praktiese toepassing:

Die beginpunt van die praktiese toepassing van hierdie tien punte word breedweg uiteengesit in die blog-artikel Hoe bly ‘n mens gesond?

(Inligting verkry uit The Scientific American, Nature, Science, The Science Delusion deur  Robert Sheldrake, asook The Science Delusion deur Curtis White, The Brain that changes itself deur Normal Doidge, Die groot gedagte deur Gideon Joubert, en die Bybel.)

27 thoughts on “10 Wetenskaplike beginsels van Gesondheid

  1. Dankie vir Dr Francois en sy wederhelf vir al die moeite om ‘n siekte toestand te verduidelik en gesond te kry, groete M

  2. Met die groot verskil wat ek ervaar deur “Hoe bly ‘n mens gesond” te volg, sien ek met opgewondenheid uit om deel te neem aan die program gemeld in “Wetenskaplike beginsels van gesondheid”.

  3. Baie dankie aan almal wat belangstel om deel te neem aan Dr Retief se program! Dr Retief sal binnekort vir julle elkeen epos stuur met details oor die program.

    Groete,
    Marina la Grange
    Dr Retief se KuberKaptein

    • Hoop nie ek is mosterd na die maal,het vandag eers gelees van die program van Dr en sal graag wil deelneem. Doreen Fouche

      • Goeiedag Doreen, ek stuur jou naam vir Dok Francois aan, dan sal hy jou binnekort kontak. Dankie dat jy van jou laat hoor het – jy is glad nie te laat nie.

        Groete,
        Dok Francois se Kuberkaptein

  4. Dok Francois, hierdie artikel is die deur na ‘n wêreld daarbuite wat ek graag wil betree. Baie dankie vir die navorsing en samestelling van die artikel. Ek stel belang om mee te doen aan ‘n program waar hierdie beginsels prakties toegepas word.

    • Dear Robin,

      There is a lot of internet information available in English. The reason I write this blog in Afrikaans is to make information accessible for Afrikaans speaking readers.

      Very little research has been done on issues concerning the Afrikaner and our health profile (as is also true for English speaking South Africans and especially our other ethnic groups).

      I tend to concentrate on the problems and questions I experience in my practice, which consist of a spectrum of language and ethnic groups, but most of them South Africans. I find that much of the research (and thus health publications) was done in the USA and Europe, and their health profiles are very different from ours in South Africa, so that much of the international publications have little clinical bearing on health issues in our country. I give you a quote on this: “Many research findings that are statistically meaningful, are not clinically relevant”.

      I am glad that you follow our blog.

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s