Kommentaar, opmerkings en vrae op die blog

Goeiedag, liewe blog-lesers,Global technology

Ek is Dokter Francois Retief se Kuberkaptein, met ander woorde die persoon wat hy aangestel het om die blog te bestuur.  Ek is sy oudste dogter en het self ‘n mediese agtergrond.  Dokter Retief se vrou (my ma), wat ‘n dokter en mediese skryfster is, is ook betrokke by die blog.

Die leserstal het oor die afgelope jaar baie toegeneem en dit is vir my ‘n riem onder die hart om te sien hoe die artikels gelees word.  Baie dankie vir die waardering wat u uitspreek.

Photoxpress_19228334Die blog het tans ‘n funksie wat dit moontlik maak om kommentaar te lewer op artikels.  Alle opmerkings word gestuur na my epos adres en eers geplaas nadat ek dit gelees het. Ek hanteer kommentaar wat gelewer word as volg:

  • Opmerkings wat terugvoer gee op ‘n blog artikel of wat addisionele nuttige inligting oor ‘n onderwerp gee, word gewoonlik binne ‘n dag of twee nadat ek dit ontvang het geplaas.
  • Lesers vra dikwels vir algemene mediese inligting oor ‘n spesifieke siektetoestand.  In die verlede het Dok Francois baie moeite gedoen om sulke vrae te probeer beantwoord, maar ek het gou besef dat dit onmoontlik is vir hom is om hiervoor tyd te maak in sy vol program, veral namate die blog se leserstal toegeneem het.  Tans neem ek kennis van hierdie vrae, maar ek stuur dit nie dadelik vir Dok Francois aan nie.  Eers wanneer daar ‘n paar vrae oor dieselfde onderwerp gevra is, noem ek aan Dok Francois dat daar ‘n behoefte is  na meer inligting en dan skryf hy op ‘n latere stadium daaroor.
  • Soms vra ‘n leser wat reeds een of meer dokters gekonsulteer het oor ‘n spesifieke probleem Dok Francois vir ‘n tweede (of derde of vierde of .. ) opinie.  Soms word die vraag gevra namens ‘n familielid of vriend.  Dit is ongelukkig nie moontlik om ‘n diagnose of mediese opinie te gee op grond van ‘n paar sinne in kuberruimte nie.  Ek stuur dus nooit sulke vrae vir Dok Francois aan nie.

Dok Francois se blog het ontstaan om te voorsien in die groot behoefte aan praktiese, betroubare, verstaanbare, mediese inligting wat in Afrikaans geskryf is.  Die blog gee slegs algemene inligting, nie diagnoses, individuele oplossings of persoonlike antwoorde nie.

Belangrik:  Vir enige spesifieke simptome, siektes of probleme, maak asseblief ‘n afspraak by u huisdokter.

Ek hoop om binnekort ‘n gesprekforum te skep, ‘n verwikkeling waaroor ek baie opgewonde is!  Dit sal dit vir julle moontlik maak om gesprekke te voer oor die blogartikels.  Dit sal ook ‘n ruimte skep waarin julle mekaar kan ondersteun, persoonlike ervarings kan deel, raad kan uitruil en gebedsversoeke aan mekaar kan deurgee.  Hou dus die blog dop vir terugvoer hieroor!

Groete,

Marina la Grange
Dok Francois se Kuberkaptein

2 thoughts on “Kommentaar, opmerkings en vrae op die blog

  1. Ek was bevoorreg om Dokter Francois die afgelope naweek te ontmoet. Nou nie gustige omstandighede nie, maar tog. Ek was opgeneem in Mosselbaai Privaat hospitaal vir ‘n AF kondisie. Hy het my kondisie en omstandighede in ag geneem en die korrekte besluite geneem. Ek sien uit om meer van sy blog te lees. Ek is nou weer tenvolle herstel.

  2. Baie dankie vir afrikaanse verstaanbare mediese inligting. Ek geniet hierdie blog. Baie insiggewend. Hou aan met jul goeie werk!!!!!

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s