Blaasinfeksies

LET WEL: Hierdie webwerf het ‘n nuwe adres! Kliek asb. hier om hierdie artikel te besoek by Dok Francois se nuwe webtuiste: www.dokfrancois.co.za.

Blaasinfeksie (sistitis) is ‘n lastige en algemene probleem wat meer by vroue voorkom, en veral meer algemeen is tydens swangerskap.  Die simptome is:

  • frekwensie (dikwels urineer)Niere en blaas 2
  • disurie (urine wat brand) en
  • laer buikpyn.

Dis ook algemeen by bejaardes wat inkontinent is en permanent ‘n doek aan het. In sulke gevalle is die pasiënt dikwels nie bewus van simptome nie, en ontwikkel dan in erge gevalle ‘n koors en kan regtig baie siek word.

Inblywende kateters kan infektsie veroorsaak as dit nie gereeld vervang word nie.

Die blaas is ‘n stoororgaan vir urine wat voortdurend deur die niere geproduseer word, en leeggemaak word op ‘n stadium wat dit ons pas.  Ons het 2 niere, elk met ongeveer een miljoen werkende filtertjies bekend as nefrons.  Die  niere filtreer afvalprodukte van die liggaam se metabolisme, sowel as ‘n oormaat water en soute, uit die bloed wat deur die niere sirkuleer.  Baie van die medisynes wat ons drink word ook deur die niere uitgeskei. Sommige van die middles kan die niere beskadig, veral as die nierfunksie reeds ingekort is.

Normaalweg word die urine in die blaas gehou deur ‘n sfinkterspier (kringspier) en daar is ook sfinkters wat die ureters (die buise wat vanaf die niere in die blaas open) afsluit sodat daar nie terugvloei van urine na die niere plaasvind nie. Indien urine wel terugvloei, kan dit infeksie in die niere veroorsaak  (piëlonefritis – letterlik etter in die nier), ‘n ernstige siekte wat baie pyn en koors veroorsaak, en wat dringend behandel moet word om nierskade te voorkom.

Met ouderdom verminder die volume urine wat die blaas kan stoor, urine kan vir korter binnegehou word, en meer urine bly in die blaas agter na urinering.  Enige toestand wat veroorsaak dat daar urine in die blaas agterbly na urinering, kan die pasiënt meer vatbaar maak vir infeksie.  Die sfinkterspiere kan ook verslap, veral by vrouens, wat dan lei tot inkontinensie of verlies van kontrole oor die blaas.  Inkontinensie word vererger deur bekkenskade wat deur kraam veroorsaak word, en vererger ook as die bekkenspiere wat die proses beheer, onfiks raak.  By mans weer kan ‘n vergrote prostaat ‘n verskeidenheid van simptome veroorsaak, soos:

  • verminderde blaasvolume
  • verlaagde stoorpotensiaal
  • prikkelbaarheid met frekwensie wat dikwels erger en lastiger is in die nag, of soms uitgangsobstruksie, en
  • ‘n hele aantal ander lastige probleme.

Die meeste urinêre infeksies word veroorsaak deur bakterieë wat normaalweg in die dermkanaal teenwoordig is soos bv E.coli, waar besmetting gebeur omdat die anus en die blaasuitgang (die uretra) so naby mekaar geleë is.  By volwassenes word dit dikwels veroorsaak deur:

  • seksueel oordraagbare siektes
  • swamme
  • tuberkulose
  • soms parasiete soos bilharzia
  • trichomonas en
  • ander skaarser siektes.

‘n Variasie is die sg. “honeymoon cystitis”, wat erg pynlik is en veroorsaak word deur ongewone of oormatige wrywing in die vagina.

Die tekens van blaasinfeksie is troebel urine, wat etterselle en dikwels bloed bevat.  Dit kan met ‘n doopstokkie getoets word, of onder ‘n mikroskoop ondersoek word.  Ideaal moet dit ‘n midstroom-monster wees, of soms is spesiale maatreels nodig om te verseker dat dit wel urine uit die blaas is en dat daar nie kontaminasie van die omliggende vel bygekom het nie.

Die behandeling is gewoonlik met anti-biotika en die dokter sal medisyne bygee om die pyn en spasma te verlig.  Mondelingse anti-biotika vir 3 dae is gewoonlik voldoende by vroue, maar mans word gewoonlik langer behandel, 10 – 14 dae.  Blaasinfeksies by mans behoort altyd verder ondersoek te word.

Dis baie belangrik om seker te maak dat daar nie ‘n onderliggende rede vir die infeksie is nie , soos bv ‘n abnormaliteit in die urineweë of diabetes.  In herhalende blaasinfeksies, of waar dit gepaard gaan met nierinfeksie, is verdere ondersoeke nodig.

Maniere om blaasinfeksie by vroue te voorkom:le Manneken-Pis

  • ‘n Ou raat is om “cranberry juice” te drink, wat blykbaar ‘n substans bevat wat bakteriële groei onderdruk, of ander medisyne wat die urine suurder maak sodat kieme moeiliker daarin kan groei.
  • Meer water drink om die blaas deur te spoel
  • Maak gereeld die blaas leeg en maak seker dat die blaas wel leeg is, d.w.s. sit ‘n bietjie langer en probeer meer urine passeer.  Oorblywende urine in die blaas is ‘n teelaarde vir bakterieë.
  • Maak die blaas elke keer na seksuele omgang leeg.
  • Mense wat aanhoudende blaasinfeksies kry, het soms nodig om op deurlopende lae dosisse anti-biotika te bly.

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s