Eet minder sout!

LET WEL: Hierdie webwerf het ‘n nuwe adres! Kliek asb. hier om hierdie artikel te besoek by Dok Francois se nuwe webtuiste: www.dokfrancois.co.za.

Salt spilling from glass salt shakerNavorsing deur die Mediese Navorsingsraad in SA het bevind dat tot soveel as 7,400 sterftes per jaar voorkom kan word as die bevolking minder sout eet.  Die rede is dat daar ‘n direkte verband is tussen soutinname en hoë bloeddruk, wat ‘n voorloper is van hartaanvalle en beroertes  –  siekte wat ‘n groot finansiële las op die individu en die staat lê.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel ‘n daaglikse inname van nie meer nie as 4 – 6 gram sout per dag aan, maar Suid-Afrikaners eet gemiddeld 8.1 gram sout per dag.  Mense sê dikwels hulle eet nie baie sout nie, bedoelende hulle strooi nie baie sout oor hulle kos nie, MAAR die navorsers het bevind dat brood en margarine die hoogste soutinhoud gehad het van al die voedselsoorte wat hulle getoets het.  Boonop het brood oor die jare al souter geword.  Kort op hulle hakke is soppoeiers en geur en smaakmiddels.  Selfs soetgebak bevat taamlike hoeveelhede sout in.

Die mens se liefde vir sout kom ver uit die verlede, toe sout gebruik is om voedsel te bewaar, en ons het gewoond geword aan die smaak.

Die woord “salaris” kom van die Latynse word “sal”, en ‘n “salarium” was letterlik die souttoelaag wat die Romeinse soldate as deel van hulle vergoeding gekry het.

Die heel eerste stap in die behandeling van hoë bloeddruk is altyd om die soutinhoud van die dieet te verminder.  Die ander kant van die storie is dus dat dit nie veel help om pille te drink vir hoë bloeddruk as jy nie jou soutinname verminder nie.

Versigtig dus met die biltong, sout vis, aartappelskyfies, alle geprosesseerde vleis soos Weense worsies, ham ens.  Verminder geleidelik die hoeveelheid sout wat jy by jou kos voeg, moenie geprosesseerde vleise eet nie, verander van restaurant as hulle kos sout is, pasop vir kitskos!, wees die hele tyd bedag daarop.  Moenie vir jou kinders leer om sout te eet nie en pasop om vir hulle aartappelskyfies, polonie en diesulkes te gee. Jy doen hulle geen guns nie, en eendag gaan hulle jou dalk daarvoor kwalik neem!

Mense is verkeerdelik onder die indruk dat sout spierkrampe voorkom. Inderwaarheid is weefseluitputting, dehidrasie en ‘n tekort aan magnesium die sondebokke,  Alle sout wat ons eet, moet deur die niere uitgeskei word, en die las wat dit op die niere plaas, veroorsaak die afskeiding van hormone wat die bloedvate laat saamtrek. Die vog- en elektrolietbalans in die liggaam is ‘n fyn en baie ingewikkelde stelsel, en te veel sout versteur die balans.

Onthou ook dat al die vleis wat ons eet, buitendien natrium en chloried in elke sel bevat.  Die liggaam balanseer en hersirkuleer gedurig al sy inherente grondstowwe, en ons hoef selde minerale aan te vul.   Sportdranke en elektrolietaanvullings doen dikwels meer kwaad as goed.  Elektrolietaanvullings is slegs nodig bv by diaree en dehidrasie, waar die liggaam as gevolg van ‘n siekteproses minerale verloor.

Ons Minister van Gesondheid, Dr Aaron Motsoaledi, is baie bewus van die probleem en daar word gekyk na wetgewing om kosvervaardigers te verplig om minder sout by hulle produkte te voeg.

(Navorsing gedoen deur Dr Krisela Steyn van die Mediese Navorsingsraad)

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s