dokfrancois.co.za: ‘n Nuwe webtuiste!

Goeiedag blog-lesers,

Dok Francois se blog het getrek na ‘n nuwe webtuiste: dokfrancois.co.za
Fotolia_64854259_XS
Die skuif is hoofsaaklik gemotiveer daardeur dat wordpress.com begin het om advertensies (dikwels onvanpaste advertensies!) op die blog te plaas. Hoewel wordpress.com sekerlik die reg het om dit te doen, verkies Dok Francois om nie sy lesers aan advertensies bloot te stel nie – veral nie vir twyfelagtige produkte, of dienste wat hy nie ondersteun nie of wat lesers se gesondheid mag benadeel.

Hierdie blog is ‘n nie-winsgewende projek waarmee Dok Francois die kennis en ervaring wat hy oor jare bekom het wil terug ploeg in die Afrikaanse gemeenskap. Dok Francois se doelwit is om sy lesers te bemagtig om goeie besluite te kan neem wat betref hulle gesondheid, veral ten opsigte van lewenstyl en die voorkoming van siektes.

Die nuwe webtuiste het ‘n paar addisionele voordele:
• Die blog vertoon nou beter op slimfone en ‘tablets’.
• Dit is nou moontlik om te sorg dat die blog se uitleg slegs Afrikaanse terme bevat, hoewel daar nog Engelse foutboodskappe mag opduik. Dit sal ‘n groot projek wees om elke liewe foutboodskap in Afrikaans te vertaal! Laat weet gerus vir my, Dok Francois se Kuberkaptein, as daar enige steurende Engelse terme op die webblad opduik.
• Daar is nou ‘n opsie om terugvoer direk te stuur aan my met behulp van die Terugvoer vorm op die hoofkieslys. Laat weet gerus van enige probleme, voorstelle of opmerkings wat betref die blog se implementering.

Die huidige blog sal voorlopig aanhou bestaan in sy huidige vorm, maar nuwe artikels sal in die toekoms op dokfrancois.co.za geplaas word. Blog-intekenaars wat voorheen van nuwe artikels in kennis gestel was via epos, sal steeds sulke eposse ontvang met ‘n skakel na die betrokke artikel op die nuwe blog.

Groete,
Marina la Grange
Dok Francois se Kuberkaptein

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s