Oor Dok Francois

LET WEL: Hierdie webwerf het ‘n nuwe adres! Kliek asb. hier om hierdie artikel te besoek by Dok Francois se nuwe webtuiste: www.dokfrancois.co.za.

Dokter Francois Retief praktiseer as ‘n algemene internis en gastroënteroloog by die Life Bay View hospitaal in Mosselbaai.

Hy is ‘n groot voorstander van voorkomende geneeskunde en glo dat ‘n gesonde, aktiewe lewenstyl en die regte eetgewoontes die sleutel is tot ‘n lang en gelukkige lewe.

In sy vrye tyd volg Dok Francois sy eie raad.  Gevolglik is hy ‘n bekende gesig op Mosselbaai se strate, wandelpaaie en strande.  Hy gaan draf en swem gereeld saam met sy wolfhond, Zetta.  Op sy bergfiets verken hy gereeld Mosselbaai se roetes.  Hy is lief vir sy seekajak en op mooi oggende haal hy die dubbelkajak uit wanneer sy vrou, Dr Esther Retief, saam met hom gaan roei. Die egpaar is meer as 40 jaar getroud en het 5 kinders.

In sy blog spits hy hom toe op praktiese raad wat voortspruit uit ‘n mengsel van die nuutste navorsing, jare se ondervinding en ‘n gesonde dosis ‘common sense’. Die artikels beantwoord meestal vrae wat in sy praktyk herhaaldelik opduik.

Hy het sy MBChB by die Universiteit van Pretoria behaal, daarna MMed (Int) gedoen by UOVS (deesdae UFS); F.C.P. (SA); BScHons (SportWetenskap) by UCT; Dipl.Theologiae (Hugenote Kollege).

14 thoughts on “Oor Dok Francois

  1. Ons in die suid-kaap is werklik geseen met so n wonderlike mens en word dit bewaarheid dat agter elke suksesvolle man is daar ook n besonderse vrou.

    Jy is nog van die soort soos op die platteland se ‘ou dokter” wat impliseer jy weet byna alles, jy gee om, het impatie met jou pasiente, dwing respek af, en glo ons in jou
    Baie dankie hoe u vir my gister behandel het en daagliks die ander pasiente, dus hoekom ons vir jou lief is,
    Christo Kriek Heidelberg W.K.

  2. EK is self n proffesionele persoon, heng dr jy verduidelik dinge soos min , ek sal maar van kaapstad na u toe reis , baie baie dankie , groete andre ferreira

  3. Dok, dankie vir jou woorde van aansporing en inspirasie tydens my onlangse kuier in Bayview. Dit is awesome om n mens soos jy te ontmoet wie so passievol oor selfgenesing en voorkomende genesing is! Ek het beginne lees aan jou artikels en kdit is awesome, ek kan nie wag kom weer te gesels en saam te droom oor gesonde menswees nie! Groete Wynand Olivir

  4. dis nadene u het my verloofde mnr lockem behandel in bayview met sy suiker en albei sy groot tone wat al afgesit is,baie baie dankie vir al u hulp en raad.

  5. Dr Retief het ‘n gesondheidsprobleem vir my opgelos waarmee ek vier jaar geworstel het en twee vorige onsuksesvolle presedures ondergaan het. Dit het my lewe oornag verander en ek kan nou weer ‘n normale lewe lei. Ek is hom baie dankbaar- ook vir sy baie vriendelike en menslike benadering.

  6. Dok dankie vir die oproep , was lekker om met jou te praat en ek sal die blog lees en geniet , hoop om een v d dae te ontmoet . Ds Jakes.

  7. spesiaal baie dnki v al die tyd wat julle gister aan ons afgestaan het. Retief is positief en het voggend met die minste pyn in baie lang tyd opgestaan. hy is reg om die proef maand te begin met sy hele familie se ondersteuning. baie baie dankie ! spesiale blessings v Bo jle toegebid. grte marguerite

Laat 'n opmerking

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s